My first Afrikaans post: Hoekom doen jy dit nie self nie?

* Today I surface after more than a week of blogging silence. (slightly embarrassed about it…)  Today I also pay homage to my mother tongue, Afrikaans.  This is my very first post in Afrikaans…somethings are just better said in your native language!  Don’t worry…I will post the English version as well!

Here goes…

HOEKOM DOEN JY DIT NIE SELF NIE?

Hoeveel keer uit frustrasie en sarkasme het jy al dit gese?  Miskien in ‘n bui van woede omdat iemand ‘n opmerking gemaak het oor jou treurige probeerslag van ‘n gebakte eier!  In my geval meesal vir my suster en broers (toe ons nog jonger was) en miskien my man tot onlangs.  Maar ek verwys spesifiek na DIY.  Do-it-yourself.

Ons lewe in ‘n era van self-doen.  “Empower yourself”, sê hulle.  Wie is hulle?   Die media en daai ander mense.  Hulle sê…”Bemagtig jouself, magtig!”  Bepaal jou eie koers in die lewe!  Boor jou eie gate…moenie vir ‘n man wag nie!

Verbeel jou tot my verrassing toe ek uitvind, daar is mans daarbuite wat nie kan self-doen nie.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, diè mans is suksesvol in hul loopbane en kort niks in terme van materiele dinge nie.  Maar vir een of ander snaakse rede het hulle nog nooit kans gekry om hulle self-doen talente (indien enige) the ontwikkel nie.  

Nietemin, waar daar ‘n vrou is, is daar altyd ‘n foto wat gehang moet word…of gordyne!   Aaargh!  ‘n Nagmerrie vir enige dom self-doener!  Neem my vriend, akteur, Solomon Cupido, as voorbeeld. Verlede week bel hy in ‘n bietjie van ‘n paniek…hy moet ‘n gordyn reling ophang.  Diè is ‘n nuutgetroude man…en die druk is aan!  Sy vrou’tjie verwag die gordyne moet hang, en dalk weet sy nie eers dat hy eintlik “clueless” is nie!  

So my andersins rustige Saterdag middag was onlangs onderbreek toe ek Solomon hoor skree by die hek…hy moet vandag leer boor!  Hy en sy mede-akteur, grapjas, Bradley Olivier, kom saam vir morele ondersteuning…regtig?  

28441_427796328054_389683_n

Solomon en Bradley

Ek besef toe die diepte van Solomon se probleem toe hy vra wat is ‘n “bit”.  My man reageer toe met ‘n grapperige opmerking en verduidelik vir hom stap- vir- stap hoe om die boor te gebruik.  Solomon in ruil luister aandagtig terwyl Bradley heeltyd tjirp in die agtergrond.  “Ek weet al die goed man!”, snuiter hy.  Ja jong…ons weet jy weet alles!

Uiteindelik loop hulle, ewe trots en bemagtig!  En glo dit of nie…hy kry dit toe reg.  En net om te bewys hy het dit gedoen…stuur hy my ‘n foto:

Wendy_3Cupido

Solomon wys hoe hy kan boor!

Die hele debakel het my laat dink…die hele era van self-bemagtiging was heeltyd gefokus op die vrou.  Het ons so bemagtig geraak dat ons glad nie eers die manne kans gee om vir ons iets te doen nie?  Is dit dalk deel van die probleem dat sommige mans nie kans gekry het om hulle op te skerp in hierdie area nie.  

Ons word dikwels verwys na die “vaderlose generasie”.  Die ander realiteit is ook dat baie meer seuns en mans sonder hulle pa’s grootword wat gewoonlik hierdie vaardigheid oordra.  Maar daar is hoop!  Deesdae kan jy net jou probleem “Google” en onmiddelik is daar derduisende video’s en self-leer programme om jou touwys te maak.  

Hoekom probeer jy nie dit self nie?  As jy nou rerig nie kan nie…kom kuier, ons sal jou wys hoe!

Advertisements
Tagged , , , , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: